Internasionale handel is die uitruil van kapitaal, goedere, en dienste oor internasionale grense of gebiede[1] omdat daar 'n behoefte of gebrek aan goedere of dienste is.[2] (Sien: Wêreld ekonomie.)
In die meeste lande verteenwoordig sulke handel 'n beduidende deel van bruto binnelandse produk (BBP). Terwyl internasionale handel deur die geskiedenis bestaan het (byvoorbeeld Uttarapatha, Syroete, Barnsteenroete, Soutroetes), die ekonomiese, sosiale en politieke belangrikheid daarvan het die afgelope eeue toegeneem.
Om handel op 'n internasionale vlak uit te voer is 'n komplekse proses in vergelyking met binnelandse handel. Wanneer handel tussen twee of meer state plaasvind, beïnvloed faktore soos geldeenheid, regeringsbeleid, ekonomie, regstelsels, wette, en markte, handel.
Om die proses van handel tussen lande van verskillende ekonomiese aansien in die moderne era te vergemaklik en te regverdig, is sommige internasionale ekonomiese organisasies gevorm, soos die Wêreldhandelsorganisasie. Hierdie organisasies werk aan die fasilitering en groei van internasionale handel. Statistiese dienste van interregerings- en supranasionale organisasies en staatsstatistiese agentskappe publiseer amptelike statistieke oor internasionale handel.